KNOWLEDGE CENTRE defBanner


Oorweeg koring vir someraanplanting

Die marges van kontantgewasse soos mielies, sojabone en sonneblom is al vir ‘n geruime tyd onder druk. Produsente is op soek na alternatiewe, meer winsgewende gewasse vir die voortbestaan van hulle ondernemings. Die oplossing is egter nie so eenvoudig nie.

 

Baie gewasse is arbeidsintensief, die insetkoste is gewoonlik hoog en duur toerusting en masjinerie word dikwels benodig, soos met aartappels en kool. Die markte moet ook in ag geneem word. Katoen kan wel oorweeg word, mits produsente in ‘n gebied is wat laer as 1 400 m bo seespieël is en ten minste 180 rypvrye dae het. ‘n Ander opsie wat moontlik oorweeg kan word, is om koring in die somerseisoen te plant. Inligting rakende somerkoring in die Noordwes Provinsie is egter baie beperk.

 

SOMERKORING IN DIE LICHTENBURGGEBIED

Twee produsente in die Lichtenburg-gebied het in samewerking met Sensako besluit om vroeg in 2018 somerkoring aan te plant. Hulle het die eerste somerkoring in Julie vanjaar gestroop. Die resultate van hierdie somerkoring-aanplantings word hieronder bespreek.

Planttyd

Winterkoring word normaalweg tussen 15 Ju nie en 20 Julie geplant. Die somerkoring is vanaf 20 Februarie geplant. Aangesien die plan te koueskade opgedoen het, wil dit voor kom of die aanplantings vroeër gedoen moet word. Die aanbeveling is dus om eerder vanaf 15 Januarie te plant, en nie later as 15 Febru arie nie, om vroeë ryp vry te spring. Rypskade ver oorsaak dat die valgetal nie na wense is nie. Strooptyd is gedurende Julie. Die graad van die somerkoring is beïnvloed deur rypskade, maar toekomstige aanplantings sal vroeër geplant word om hierdie probleem uit te skakel.

Kultivar

Die kultivar wat deur Sensako aanbeveel word en in hierdie studie geplant is, is SST 877. Hierdie kultivar is ‘n lang groeier met ‘n goeie opbrengspotensiaal en dit is redelik siekte-weerstandbiedend. Die spesifieke kultivar is aangepas vir al die besproeiingsgebiede, maar produsente het die kultivar ook op droëland aangeplant. Die plantdigtheid onder besproeiing was 130 kg/ha en op droëlande 60 kg/ha.

 

 

Bemesting

Tabel 1 en Tabel 2 dui die verskillende bemestingspeile aan wat deur twee produsen te toegedien is vir onder andere droëland en besproeiing. Onder besproeiing is die stik stof aanbeveling vir winterkoring ongeveer 180 kg N/ha en vir mielies is dit 250 kg N/ha. Vir die proewe is minder stikstof vir somerkoring onder be sproeiing toegedien, wat be teken dat die bemestingskoste op so merkoring heelwat laer is. Die stikstofpeile is vir die beplande opbrengsmikpunte.

Graanopbrengs

Tydens vlagblaar het die plant die hoogste potensiële opbrengs, maar dit speen som mige pitte af nader aan oestyd. Wat is belangrik tydens hierdie fase? Die koringplant gebruik in hierdie stadium die meeste water en voedingstowwe omdat aktiewe seldeling plaasvind. Met graanvulling word proteïene eerste vasgelê en dan stysel. Dit is belangrik om die plant vir so lank as moontlik groen te hou. ‘n Gedeelte van die stikstofopname gaan direk na die proteïen in die pit. Enige tekorte in hierdie tydperk, hetsy water of voe ding, sal die opbrengs negatief beïnvloed. In hierdie studie was die gemiddelde opbrengs onder besproeiing 5 ton/ha en op droëland 2 ton/ha. Die gemiddelde opbrengs op winterkoring is 7 ton/ha onder besproeiing. Die gemiddelde reënval in dié tyd was 320mm. Daar was onsekerheid oor wat die potensiaal van die somerkoring sou wees en daarom is ‘n konserwatiewe benadering tot die stikstofpeile gevolg.

 

FINANSIEEL

Besproeiing

Die gemiddelde direkte insetkoste van somerkoring onder besproeiing tussen die twee produsente was R6 103/ha. Hierdie spesifieke produsente se insetkoste vir mie lies en sojabone, asook NWK se begrotings koste (2017/2018) vir droëbone, is in die vergelyking gebruik. Onder besproeiing het sojabone die laagste direkte insette van die drie gewasse gehad, gevolg deur somerko ring, droëbone en mielies. Sien Tabel 3 vir ‘n uiteensetting van die gemiddelde koste per hektaar.

Indien die gewasse se inkomstepotensiaal onder besproeiing vergelyk word, bied droëbone ‘n hoër inkomste as somerkoring, mielies en sojabone, gegewe die aanvaarde opbrengste in Tabel 4.

Gegewe die bostaande plaasspesifieke inligting en NWK se begroting vir droëbone, maak die produsente R17 439/ha wins op droëbone, R13 067/ha op somerkoring, R4 862/ha op sojabone en R2 742/ha op mielies.

Droëland

Nie een van die twee produsente in die studie verbou droëlandmielies nie, daarom is NWK se begrotings vir 2017/2018 gebruik om ‘n volledige vergelyking te tref. Die gemiddelde direkte insette vir droëlandsomerkoring is R3 055/ha, vir sojabone R3 928/ha, mielies R4 923/ha en droëbone R6 592/ha (Tabel 5).

Gegewe die opbrengste behaal op droëland, het die produsente winste van R4 745/ha op somerkoring en R1 472/ha op sojabone behaal. Op mielies is R1 727/ha en op droëbone R8 408/ha behaal. Dus sou droëbone op droëland meer winsgewend gewees het as somerkoring, sojabone of mielies (Tabel 6).

Droëbone maak onder besproeiing en op droëlandtoestande ekonomies meer sin as somerkoring. Dit is belangrik om in ag te neem dat slegs die direkte koste in hierdie vergelyking gebruik is en dat ander uitgawes soos elektrisiteit, arbeid en herstel en onderhoud nie in berekening gebring is nie. Veral by droëbone kan die koste van los arbeid baie hoog wees, wat weer nie van toepassing is op somerkoring nie.

Die potensiële produsenteprys van koring is gewoonlik hoër in Junie/Julie (Tabel 7). Oor die afgelope drie seisoene wissel die prysverskil tussen Junie/Julie en Desember/Januarie tussen R32/ton en R569/ton. Die verskil in prys tussen dié twee stroopperiodes is egter baie wisselvallig. Deeglike beplanning en besluitneming is nodig om te bepaal of die hoër prys die risiko wat geneem word om somerkoring te plant, regverdig.

Wisselbou

Indien produsente sou besluit om winterkoring aaneenlopend op dieselfde land as somerko ring te plant, moet die gevare van vrotpootjie en ander siektes in gedagte gehou word. Wisselbou met ‘n ander geskikte gewas is dus baie belangrik. Hawer word soms as ‘n wisselbougewas gebruik aangesien dit vrotpootjie goed beheer. Voldoende oppervlakte moet vir ‘n rotasiestelsel beskikbaar wees.

SAMEVATTING

Op papier maak die somme sin om somerkoring te produseer, alhoewel droëbone meer winsgewend is. Wat is dan die alternatief om in die winter te plant? As winterko ring nie weer geplant kan word nie, is dit dan die moeite werd om die risiko te loop om moontlik vroeë ryp op die somerkoring te kry?

Die volgende uitdaging is om die finansiële posisie van winterkoring, met ‘n daaropvolgende somergewas, teen somerkoring, met ‘n daaropvolgende wintergewas, te vergelyk. Die koringprys is baie wisselvallig. Die Desember/Januarie-prys van ‘n gegewe seisoen kan net sowel hoër wees as die daaropvolgende Junie/Julie-prys. Heelwat werk is nog nodig alvorens somerkoring onomwonde as ‘n oplossing gesien kan word.

 

 

Bronnelys CEC-SAGIS 2018. http://www.sagis.org.za/ safex_historic.html [2018-08-21] NWK Landboubestuursdienste. Opsommende begrotings van bedryfsvertakkings vir die 2017/2018-produksieseisoen Roode JC. Persoonlike meedeling Rootman A. Persoonlike meedeling

Download Article