KNOWLEDGE CENTRE defBanner


Sensako en Syngenta ondersteun Wes-Vrystaat boere in nood.

30 Oktober 2020

 

Na meer as 60 jaar in die landbouomgewing het Sensako menige sterk en blywende vennootskappe met boere in Suid-Afrika opgebou.

 

Tydens die brande wat onlangs duisende hektare in die Wes-Vrystaat in puin gelê het, was daar ook ‘n hele aantal van hierdie boere wat hulle inkomste, wonings en besittings verloor het.  Ons glo dat ons boere – groot en klein – die hartklop van  Suid-Afrika  is.  Daarom beskou ons ook enige ramp wat ons Boerdery gemeenskap tref as ‘n ramp vir ons nasie. 

 

Om hierdie rede het Sensako in samewerking met Syngenta (ons moedermaatskappy) besluit om die “Pak ‘n boks vir ‘n boer” inisiatief wat onlangs deur AfriForum geloods is te ondersteun.  Om verligting te bring aan hulle wat in erge nood beland het, neem ons met graagte deel aan die projek om ondersteuning in die vorm van ‘n nie-bederfbare produk pakkie te bied.

 

Hierdie is slegs ‘n klein blyk van waardering en ‘n poging om ‘n bietjie vreugde te bring aan hulle wie ons nie net as ons kliente nie, maar ook as ons vriende beskou.