KNOWLEDGE CENTRE defBanner


Sensako Sojabone- Wenners vir die mark!

Sensako Sojabone - Wenners vir die mark! ‘Sensako is terug!’ Die bekende handelsmerk is terug in die somergewasmark met SNK wit en geel mielies (konvensioneel), SSL lusern-, SSG voergars-, SSR rog-, SSH hawer- vir weiding, baal en graan en SSS sojaboonkultivars. Sensako is trots daarop om ‘n eg Suid-Afrikaanse maatskappy te wees, en ontwikkel kompeterende saadprodukte vir die plaaslike mark met die doel om produsente winsgewend in bedryf te hou. Sensako is bevoorreg om via die teelprogram van Estación Experimental Agroindustrial Obispo Colombres (EEAOC) in die Tucuman provinsie van Argentinië toegang te verkry tot kiemplasma en sojaboon-kultivars vir die plaaslike mark. Sensako het sojaboon kultivars (onbepaalde groeiers met RR weerstand) uit die program vrygestel wat wissel in agronomiese eienskappe, volwassenheidsgroeperings en aanpassing by verskillende omgewings. Onafhanklike resultate van die kommersiële strookproewe in samewerking met GWK, Inteligro en verskeie studiegroepe en boereverenigings het die uitstekende opbrengsprestasie, aanpassing, stabiliteit en stremmingsweerstand van die wenner kultivars bevestig. Die SSS-kultivars is die volgende: SSS 6560(tuc) – Uitstekende opbrengspotensiaal. Lang groeier, bosagtige kultivar met uitstekende opbrengspotensiaal en aangepas vir die warmer besproeiingsgebiede en die gematigde en koeler gebiede asook droëland. SSS 5052(tuc) – Stabiele en aangepaste hoë opbrengspotensiaal kultivar vir droëland en besproeiing. ‘n Bosagtige maar regop kultivar met goeie omvalweerstand en goeie weerstand teen oopspring. SSS 5449(tuc) – Oostelike Hoëveld wenner, aangepas by hoë opbrengspotensiaal in die koeler droëland and besproeiingsomgewings. Semi-bosagtige kultivar met onbepaalde groeiwyse, uitstekende peulhoogte en omvalweerstand asook goeie weerstand teen oopspring. Ons noem dit die ‘Sensako-effek’ - Vordering deur navorsing. Saad van die kultivars is kommersieël beskikbaar vir aanplanting in die komende seisoen. Kontak Sensako vir verdere inligting oor die kultivar-eienskappe en opbrengsresultate; www.sensako.co.za of Facebook. Saad word bemark deur Senseed: Bethlehem 058 303 4690; Reitz 087 358 8111.